0%
Can I amend my will?
January 19, 2017
Do I need an anuptial contract before marriage
February 7, 2017

Die Legende van St. Valentine

 

Die geskiedenis van Valentynsdag is in misterie gehul. Ons weet wel dat Februarie reeds jare lank as die maand van romanse bekend is en dat Valentynsdag, soos ons dit vandag ken, oorblyfsels van beide Christen –  en antieke Romeinse tradisie bevat. Maar wie was St Valentine en hoe het dit gekom dat hy geassosieer word met hierdie antieke tradisie?

Het jy geweet?

Ongeveer150 miljoen Valentynsdagkaartjies word jaarliks verruil, wat Valentynsdag, naas Kersfees, die 2de mees populêre kaartjie-stuur dag maak.

Die Katolieke Kerk erken ten minste drie verskillende heiliges genaamd Valentine of Valentinus, wie almal gemartel was.  Een legende beweer dat Valentine ‘n priester was wie gedien het gedurende die derde eeu in Rome. Toe Keiser Claudius II besluit het dat enkellopende mans beter soldate maak as dié met vrouens en families, het hy dit onwettig gemaak vir jong mans om te trou. Valentine, wie die onregverdigheid van hierdie dekreet besef het, het Claudius teengestaan en het voortgegaan om huwelikseremonies, in die geheim, uit te voer vir jong verliefdes. Toe Claudius bewus word van Valentine se oortreding het hy beveel dat Valentine doodgemaak word.

Ander weergawes gee voor dat Valentine doodgemaak is omdat hy Christene gehelp ontsnap het vanuit die Romeinse tronke, waar hulle geslaan en gemartel is. Volgens een legende, het Valentine, trewyl hyself in aanhouding was, die eerste “valentyns-groete” gestuur toe hy verlief geraak het op ‘n jong meisie,(moontlik sy tronkbewaarder se dogter,) wie  vir hom kom kuier het tydens sy aanhouding.  Daar word beweer, dat hy voor sy dood, ‘n brief vir haar gestuur het en dit onderteken het as “Van jou Valentine” – ‘n uitdrukking wat steeds vandag gebruik word.

Alhoewel die waarheid agter die Valentine legende onduidelik is, beklemtoon al die stories ‘n simpatieke, heldhaftige en ‘n baie romantiese figuur. Dit is dan ook hierdie reputasie wat daartoe gelei het dat Valentine as een van die mees populêre heiliges in Frankryk en Engeland beskou was en waarom daar steeds, deur die viering van Valentynsdag, hulde aan hom gebring word.

Geniet u Valentynsdag.