0%
Is jou trustakte nog bruikbaar en relevant?
April 4, 2017
How do I cancel a lease?
May 4, 2017

Simbole van Paasfees

 

Toe die Saksers (Saxons) bekeer het en Christene geword het, het hulle hul feesvieringe “Paasfees” genoem ten einde beide Lente en die Pasgatyd te vier.

Baie mense beskou feesvieringe, soos Paasfees en Kersfees, as net Christen, maar die simbole wat daarmee geassosieer word dateer duisende jare voor Christenskap.

Die Kruis

Die kruis was ‘n welbekende simbool nog voor die tyd van Christus. Dit was gebruik as ‘n spesiale merk op klere en geboue. Toe Jesus gekruisig is, het die kruis egter

‘n simbool van lyding geword. Met die opstanding van Christus het die Christene dit gesien as ‘n teken van Jesus se oorwinning van die dood. In A.D. 325, is die Kruis as die offisiële simbool van Christenskap verklaar.

Dogwood

Die dogwood boom blom in die lente. Dit is deur die Christen geloof “aangeneem” as ‘n simbool van Jesus se kruisiging.  Volgens die legende, is die dogwood boom gebruik om die kruis van Jesus te maak en as gevolg hiervan, groei die boom nou as ‘n lewende herinnering van die gebeurtenis.

Die kruisiging word as volg gesimboliseer:

  • Die Kruis – verteenwoordig deur die vier blare van die dogwood se blom wat in die vorm van ‘n kruis groei.
  • Die Spykers – die blomblare het merke aan die buiterante wat die spykermerke verteenwoordig.
  • Die Doringkroon – die middel van die blom kan ‘n kroon simboliseer.

Die Bloed – Die rooi dogwood bessies kan die bloed van Jesus simboliseer.

Paaseiers en lente kuikens

Die “eier” en die “lente kuikens” word reeds vir baie jare as simbole van vrugbaarheid gebruik. Vroeër, soos mense begin het om mak voëls, bv. hoenders aan te hou, het hulle gesien dat die hen klein geel kuikens uitbroei en het hulle dit geinterpreteer as deel van hul feesvieringe van die  wedergeboorte van die “son”.

Vandag word die eier gesien as simbool van die steengraf waaruit Jesus gekom het, na sy opstanding. Die kuiken, of te wel die uitbroei van die eier, simboliseer nuwe lewe en wedergeboorte.

Die skoenlapper

Die skoenlapper is een van die mees beduidende simbole van Paasfees. Die skoenlapper se hele lewenssiklus is bedoel om die lewe van  Jesus Christus te simboliseer. Die eerste fase, die rusper fase, staan vir Sy lewe op aarde. Die tweede fase begin by die kokon stadium, simboliseer die kruisiging en dood van Jesus. Die derde fase is die skoenlapper en verteenwoordig Sy opstanding van die dood in ‘n verheerlikte liggaam.

Palmtakke

Palmtakke verteenwoordig Jesus se aankoms in Jerusalem op die eerste Palm Sondag toe mense Hom verwelkom het deur palmtakke te waai. Dit was ‘n Romeinse gewoonte om palmtakke te waai wanneer jy ‘n koninklike verwelkom. Vandag gebruik Christene steeds palmtakke in parades, op Palm Sondag.

Paasfees Lelies

In Romeine het mense geglo die godin Flora het die blomme laat blom. Die Grieke het geglo die godin Demeter se dogter is ontvoer terwyl sy blomme gepluk het. Sy was slegs toegelaat om haar ma in die somer en lente te sien en gevolglik het die mense gedink Demeter se geluk in hierdie tyd, laat die blomme oopgaan.

Vandag, simboliseer wit bloeisels die reinheid van Jesus. Lelies, wat in die lente uit die grond kom, simboliseer ook nuwe lewe en die opstanding van christus.

Paashase

Een van die stories wat gespin is rondom die lentefees deur die jare, is dat die godin Eastre/Ostara haar troetelvoël in ‘n haas verander het, maar die verandering was onvolledig en die haas het steeds eiers gelê. Verder is die storie aangepas, deurdat die eiers helderkleurig was.

Die haas was ‘n vrugbare dier en baie kleintjies in die lente gehad. Vandaar dat die haas ‘n simbool van lewe in die Lente seisoen is.

Hot Cross Buns

In die ou dae is die twee eweninge, die kruis kwart dae genoem.  Aangesien Lente die begin van die nuwe jaar aandui, het hulle die brode met ‘n kruis (plus) teken gemerk, om die vier seisoene van die jaar te verteenwoordig.

Vandag word “hot cross buns” met ‘n deeg kruis of selfs “icing” gemerk om ons aan Jesus te herinner.

Vreugdevure en Kerse

Die Kelte het Druïsme beoefen. Hulle het geglo aan goeie en slegte geeste. Hulle het geglo dat ‘n slegte gees die songod ontvoer het en daarom was daar ‘n winter. Elke jaar, aan die begin van Lente het hulle ‘n groot vuur aangesteek om die slegte geeste weg te jaag en so die son te bevry. Die aansteek van vreugdevure is steeds deel van die Paasfees tradisie, in sommige lande.

Vandag simboliseer vreugdevure die lig wat na die wêreld kom deur Christus. Kerse word ook gebruik as simbool van Christus se lig.